25 Ha Pekanneutplaas te Koop | Jan Kempdorp
Hierdie uitstekende 23,5 hektaar pekanneutplaas is geleë in die gesogte Jan Kempdorp-gebied en bied 'n unieke geleentheid vir die koper wat op soek is na 'n gevestigde besproeiingsplaas met betroubare waterbronne en goeie infrastruktuur.
Die plaas beskik oor 24,6 hektaar ingelysde Vaalharts-besproeiingswaterregte. Water word voorsien deur 2 toegeruste boorgate met dompelpompe, waarvan een 'n indrukwekkende 90 000 liter per uur lewer.
Die gevestigde boorde bestaan uit:
- 21,5 ha 16-jarige pekanneutbome
- 2 ha 13-jarige pekanneutbome
- 90% White Cheetah
- 10% Chocktaw
- Mikro Besproeiing
Die woonhuis bied 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n sitkamer, eetkamer en ruim leefarea – ideaal vir gemaklike plaaslewe.
Verder beskik die plaas oor 2 oop staalstore vir die berging van implemente en toerusting.
Elektrisiteit word voorsien deur 2 Eskom-kragpunte, bestaande uit:
Eiendomskenmerke:
- 23,5 ha pekanneutplaas
- 24,6 ha ingelysde Vaalharts-besproeiingswaterregte
- 2 toegeruste boorgate met dompelpompe
- Sterk boorgat wat ±90 000 liter per uur lewer
- 21,5 ha 16-jarige pekanneutbome
- 2 ha 13-jarige pekanneutbome
- 3-slaapkamer woonhuis
- 2 badkamers
- Sitkamer, eetkamer en leefarea
- 2 oop staalstore
- 2 Eskom-kragpunte (50 kVA en 100 kVA)
Hierdie is 'n uitstekende geleentheid om 'n produktiewe pekanneutplaas met gevestigde boorde, uitstekende watersekerheid en goeie infrastruktuur in een van die Vaalharts-gebied se gewildste landboustreke te bekom.